• формат pdf
  • размер 18.23 МБ
  • добавлен 19 октября 2010 г.
Barnes A.S.V. Afrikaanse Grammatika vir Engelssprekende Leerlinge Standerd VI - X

17. druk. - Kaapstad : Nasou Beperk, 1970. - 330 S.

Voorwoord
Daar is geruime tyd al behoefte gevoel aan 'n meer wetenskaplike en sistematiese Afrikaanse Grammatika. Wetenskaplike navorsing in die vormleer het al lank al, byvoorbeeld, die noodsaaklikheid van 'n juister klassifikasie van woorde aangedui. Hier word egter geen aanspraak op 'n volledige spraakkuns gemaak nie. Daar hierdie Grammatika spesiaal vir Engelssprekende leerlinge in Sekond?re Skole opgestel is, val dit buite die bestek van hierdie boekie om alte breedvoerig op die formele grammatika in te gaan. Vir B-taalleerlinge kan 'n mens maar net die essensi?le en belangrike aandik - so 'n bietjie aanvoorwerk doen vir die gesaghebbende standaardwerk wat een of ander van ons taalkundiges nog moet aanpak. Hierdie grammatika bevat egter heelwat wat selfs vir die A-taalleerling belangrik kan wees.

By die opstel van hierdie Grammatika vvas daar etlike oorweginge waarmee rekentng gehou moes word:
1. Nuwe beskouinge en iasigte moet in sekere mate aangepas word by wat die Engelssprekende leerling alreeds uit sy eie grammatika geleer het; daarom is dit nie gerade geag om meteens te radikaal en revolusion?r te werk te gaan nie, en daarom het ek my genoop gevoel om die ou terminologie wat al taamlik vasgewortel is, langs die nuwe te behou. Sodoende word aanknopingspunte met die oue bewaar. Dit sou op die oomblik ongewenste verwarring veroorsaak om alles stormenderhand omver te werp. Die saak moet liewer geleidelik aangepak word. Om, waar moontlik, en waar dit nie teen die taaleie indruis nie, 'n kompromis te tref, het dus die beste oplossing geblyk.
2. Veral die element?re en essensi?le aspekte van die vormleer is beklemtoon. Wat vir die Engelssprekende leerling in die sekond?re skool oorbodig is, is buite beskouing gelaat.
3. 'n Poging is aangewend om die stof eenvoudig voor te stel en die verklarmgs, duidelikheidshalwe, behoorlik toe te lig. Ook het ek probeer om die gegewens so prakties moontlik in te deel.

Taallyste
Ek is van mening dat hierdie lyste sowel onderwyser as leerling behulpsaam kan wees. Enersyds word materiaal aangebied wat die onderwyser deur die Direkte Metode kan doseer. Andersyds vorm hierdie lyste 'n nuttige verwysingsbron. Hulle bevat stof wat vir die kind dikwels moeilik of haas onbekombaar is - en die onderwyser is nie altoos byder-hand om te help nie. Trouens, vir hersieningswerk is h?erdie lyste van groot waarde vir die leerling. Veral in suiwer Engelssprekende sentrais sulke lyste onontbeerlik, en deurdat die stof alfabeties gerangskik en van Engelse verklarings voorsien is, word sodanige naslaanwerk vergemaklik.
Dit word natuurlik nie verwag dat leerlinge hierdie lyste uit die hoof moet leer nie. Hulle mag nie aanleiding gee tot papegaaiwerk nie.
Met waardering wil ek ten slotte getuig van insiggewende gesprekke met dr. G. S. Nienaber en dr. J. J. le Roux. Veel dank is ek aan laasgenoemde verskuldig vir die moeite wat hy hom getroos het om die manuskrip na te sien. As ek in geringe mate daarin geslaag het om ons Afrikaanse feite-materiaal 'n bietjie meer te sistematiseer en getrouer te belig, dan is dit grotendeels te danke aan die belangstelling in taalkunde wat hy by my gaande gemaak het, aan die diepere insigte wat hy my, as student, in die wese van taal gegee het, en aan die bereidwilligheid wat hy getoon het om my met raad en daad by te staan.

By die vyfde druk
In hierdie druk is die aantekeninge oor die lydende vorm uitgebrei en enkele woorde wat aan 'n deel van die bevolking aanstoot kan gee, is weggelaat.

By die sesde druk
Hierdie druk is bygewerk met gebruikmaking van die nuutste Spelre?ls en Woordelys van die Akademie (1952).

By die tiende druk
Hier en daar is -enkele dinge bygewerk, hoofsaaklik by die omskrywing van die werkwoorde.