Статья
  • формат pdf
  • размер 4,36 МБ
  • добавлен 20 декабря 2014 г.
Willemse J., Frick C., Stroomroof en die invloed van verskuiwings op die geomorfologie in die opvanggebied van die Steelpoortrivier in Oos-Transvaal (Перехват рек и влияние сбросов на геоморфологию в районе р. Стилпорт в Восточном Трансваале)
Статья опубликована в Transactions of the Geological Society of South Africa, 1972, 78, pp. 159—
171. На языке африкаанс. "Перехват рек и влияние сбросов на геоморфологию в районе р. Стилпорт в Восточном Трансваале" Описываются признаки перехвата рек на примере р. Стилпорт.
Die loop van die Steelpoortrivier kan in drie dele verdeel word: (i) die boloop wat vermoedelik 'n geroofde gedeelte van die Bloedrivier voorstel, (ii) die noordvloeiende gedeelte noord van Laersdrif, wat van die Sekwatirivier geroof kan wees, en (iii) 'n reguit noordoosstrekkende vallei wat sy ontstaan te danke het aan 'n aaneenskakeling van verskuiwingsones. Laasgenoemde gedeelte sny oor 'n ouer dreineringstelsel wat 'n noordwaartse vloeirigting gehad het en wat bepaal is deur die strekkingrigting van die stollings en die sedimentêre gesteentes. Weens die diskordante verhouding van die Steelpoortrivier tot die ouer rivierstelsel, is die opvanggebied van die Steelpoort onsimmetries: lang sytakke vanuit die suide en baie korteres vanuit die noorde. In die geval van die twee sytakke, nl. die Kliprivier en die Mosohlotsispruit, het strekkingsverskuiwings hulle ontwikkeling beheer. Die groter sytakke van die Steelpoortrivier vanuit die suide swenk naby hulle aansluiting en dit word toegeskryf aan onthoofding. Die onthoofding is sodanig dat 'n stroomopwaartse sytak wat reghoekig by die hoofrivier aansluit 'n ander sytak wat laer af en skerphoekig aangestuit het, afsny en sy waters roof. 'n Skerphoekige aansluiting is blykbaar geomorfologies onewewigtig omdat in so'n geval kompetisie ontstaan tussen die hoofrivier en die sytak in hulle pogings om hulle valleie te verbreed, en dit is nie die geval met reghoekige aansluitings nie. Etlike gevalle van stroomroof in die bolope van die sytakke van die Steelpoortrivier word bespreek en kronkels is in baie gevalle herkenbaar onmiddellik stroomop van die punt van onthoofding. U-vormige valleieword aangetref, maar hulle is in 'n mate onsimmetries in profiel en het waar- skynlik nie deur gletserwerking tot stand gekom nie, maar is eie aan 'n omgewing van gabbroiese gesteentes. Geen oortuigende gegewens kon gevind word dat die dreineringstelsel van die Steelpoortrivier geërf is van die topografie van die Karoosisteem nie. Dit is grootliks bepaal deur die bestaande geologiese formasies, die geologiese struktuur en gewone prosesse van erosie, waarin stroomroof 'n belangrike rol gespeel het.